Seekoei-reddingspoging skop af

Die foto is deur André Snyman, van eBlockwatch, op Facebook gelaai.

ʼn Reddingspoging om ʼn seekoei te red wat al vir langer as twee dae in ʼn swembad op ʼn wildsplaas in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vasgekeer is, sal na verwagting Donderdagmiddag begin.

Maroela Media het vroeër berig die seekoei het in ʼn swembad op die Monate-wildsplaas beland nadat dit glo deur ander seekoeie op die reservaat weggejaag is nadat ʼn kalfie gebore is.

André Snyman, woordvoerder vir die gemeenskapsmisdaadbestrydingseenheid eBlockwatch, sê hulle het ʼn permit gekry om die 5-jarige seekoei te verskuif.

Volgens Snyman het gemeenskapslede aangebied om die kostes vir die reddingspoging te dek. Dié kostes beloop ongeveer R40 000, berig EWN.

“Baie van die water in die swembad is reeds uitgetap. Die dier gaan verdoof en dan met ʼn hyskraan uit die swembad gelig word. ʼn Plaaslike veearts het reeds aangebied om sy hyskraan te verskaf. As Stroppie uit die swembad is, sal die wildsplaas se eienaar en plaaslike beamptes van die departement van natuurbewaring besluit waarheen verskuif moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.