Seekoei Solly moontlik vandag uit swembad

Solly die seekoei. Foto: eBlockwatch

Solly, die seekoei, wat reeds vir drie dae in ʼn swembad by die Monate Game Lodge buite Modimolle (Nylstroom) vasgekeer is, sal moontlik vandag uit die swembad gered word.

Die reddingspoging is gister uitgestel weens logistieke redes. ʼn Hyskraan sal vandag gebruik word om die 5-jarige seekoeibul uit die swembad te red. Daar is volgens berigte ook reeds die nodige permitte gekry om Solly na ʼn ander wildplaas te skuif. Solly is glo deur sy trop verjaag. Die seekoei is vernoem na een van die veldwagters op die plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.