Seekoei vasgekeer in swembad

Foto: eBlockwatch

‘n Seekoei is al vir langer as twee dae in ʼn swembad by ʼn wildreservaat in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vasgekeer.

eBlockwatch, ‘n gemeenskapsmisdaadbestrydingseenheid, het ‘n beroep gedoen op inwoners om hulle met die reddingspoging by te staan. Volgens die beamptes by die wildreservaat is die seekoei deur die ander diere in die reservaat weggejaag. Dit gaan glo baie moeilik wees om die seekoei uit die swembad te probeer red. André Snyman, woordvoerder vir eBlockwatch, sê hulle gaan moontlik ‘n hyskraan benodig om die dier uit te haal. Meeste van die water is reeds uit die swembad gepomp. Snyman doen ook ‘n beroep op alle boere en veeartse in die gebied om met hulle in verbinding te tree indien enigiemand raad het oor hoe om die seekoei uit die swembad te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.