Seekoei wandel verder ná potjie gholf

Beeld berig Herby, soos hy deur Leon van der Vyver, die landgoedontwikkelaar, gedoop is, is Saterdagoggend vir die laaste keer gesien waar hy hom in die dam naby die vierde putjie tuisgemaak het.

Hannes Hendriks, die landgoedbestuurder, sê die seekoei het Donderdagaand vir die eerste keer sy opwagting gemaak. Vrydagmiddag het hy en sy kollegas ʼn elektriese heining om die dam opgerig, met ʼn uitgang wat na ʼn vragmotor lei.

“Ons het seker gemaak dat ons vir Herby genoeg plek los om te wei en te knibbel aan die lusernbale wat ons vir hom gelos het,” het hy gesê.

Hy en ʼn wildbewaarder het langs die dam uitgekamp om ʼn oog oor die dier te hou. Ongeveer vyfuur Saterdagoggend het die Herby besluit om aan te stap in die rigting van die Rietvlei-natuurreservaat naby Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.