Seënwense vir hond-slagoffer

Amanda van Tonder voor die hond haar verskeur het

Boodskappe van bemoediging stroom in vir die 8-jarige Amanda van Tonder, wat Dinsdagmiddag deur ʼn Duitse Herdershond-reun verskeur is.

Amanda, ʼn graad 2-leerling aan Laerskool De Kroon in Brits, Noordwes, is Woensdagmiddag uit die hospitaal ontslaan nadat sy deur die hond aangeval is. Amanda en haar sussie het saam hul pa, Kerneels, by familie gekuier toe sy deur die hond verskeur is. Elzet, haar ma, was by die werk toe die voorval gebeur het. Amanda het sowat 15 bytplekke aan haar gesig en kop opgedoen. Sy is na die MediClinic in Brits gejaag waar sy gestabiliseer is. Sy is daarna na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem vir spesialis behandeling en moes meer as 1 000 steke kry.

“Amanda kan nie lag nie dis te seer, maar sy wys ‘sharp’ vir al haar Liewe Jesus maatjies wat so hard vir haar bid. Die hond het Amanda gebyt, sy LEWE! Verder is daar geen sensasionele stories of stertjies nie. My pop is kwaad vir die hond want sy sê sy het niks eers gedoen aan hom nie. Amanda sê sy het op die stoel gesit en toe het Bruno, die hond, na haar toe gehardloop en op haar gespring en aangeval. Ek vermoed dit is omdat sy vroeër twee baba hondjies vasgehou het binne die huis en dat hy jaloers geword het. My kinders sal nooit honde tart nie want hul weet wat die gevolge is. My honde by die huis is mal oor die kinders en baie beskermend oor hulle,” het Elzet op Facebook gesê.

Die hond is Woensdag uitgesit.

Valse gerugte doen steeds die rondte op sosiale netwerke dat Amanda gesterf het. Angel Children Updates het ʼn versoek gerig om nie die boodskappe aan te stuur nie.

Intussen stroom boodskappe van bemoediging in van Maroela Media-lesers:

Jaypee skryf: “Alle sterkte en voorspoed vir julle as gesin, ons dra jul in ons gebede en gedagtes en ʼn vinnige herstel vir Amanda word haar toegewens.”

Lettie skryf: “Kerneels, Elzet en kinders, ons bid vir julle en weet Amanda gaan mooi herstel. Vergeet die mense wat negatief is en julle probeer sleg sê. As daar enigiets is wat ons kan doen om te help, laat net weet asseblief. Liefde Buurvrou.”

Lizette skryf: ”Hi ek wil net graag aan die familie sê strekte ons dink aan julle. en mag sy net mooi herstel. en glo net dat alles ok gaan wees. en sy gaan weer ‘n pragtige dogtertjie wees wat almal ken en mee speel. Julle is in my gebede.”

June De Wit: “Dit is so jammer om te hoor ek hoop sy sterk vinning en ek sal bid vir hul as gesin. Asseblief mense ek het ook 6 GSD honde (Alsatians) nie almal is dieselfde nie Niemand kan se dit is die dier se skuld nie.”

Hannelie Horn skryf: “Baie baie sterkte aan klein Amanda en haar familie. Jesus net U weet wanneer ons gereed is. En ons weet dat U nog baie planne met klein Amanda het. U is tog ons Groot Geneser. Ek is ook deur ‘n hond gebyt, die hond was nie eens in sy eienaar se erf nie. Ongelukke gebeur, moenie die ouers blameer. Bid saam ons almal vir hulle, dis op die stadium die regte ding om te doen.”

Ronell skryf: “Ons bid saam met die familie en glo in ons Hemel se Vader dat hy haar sal dra deur al die pyn en die gesond word. Al ons liefde.”

Lees meer boodskappe onder aan die storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Charmaine Joubert ·

Dit is net n jammerte dat die hond moes uitgesit word as gevolg van dit, ek wens net mense en kinders wil bietjie meer leer oor die natuur en sy eie wyse, as enige dier n kleintjie of babatjies gehad het, moet verkieslik nie hull optel of baie aandag gee sodat ander honde dit ook optel nie, dit gee baie jaloesie af, probeer maar liewers wegbly van die ma en pa dier af totdat die kleintjies bietjie groter is, dit werk partykeer
want dan voel die dier nie bedreigd nie want hulle dink altyd n mens n n bedreging vir hulle want hulle is bang hulle kleintjies word weggevat.

Stefan ·

Baie sterkte vir julle almal. Dit is hartseer om te sien dat ons diere so aggresief grootmaak vir ons eie beskerming en dan groter skade lei.

Doreen ·

Wil ook net se sterkte aan julle daardie selfde boodskap het by my aangekom en was darm gou reg gehelp deur n vriendin mag sy gou beter word liefde groete doreen

Dorette ·

Liewe Jesus is by julle in alle gavalle, niks gebeur sonder n rede my di Here ni. God sal julle sterk hou en julle dogtertjie sal ten volle herstel. hou net vas en glo in Hom.

Net goeie wense en voorspoed

Dorette.
KwaZulu Natal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.