Seerower-gyselaar in hegtenis geneem

Calitz en Pelizzari kort na hulle vrylating.

Debbie Calitz, wat onlangs ná bykans twee jaar in aanhouding saam met haar vriend deur Somaliese seerowers vrygelaat is, is die naweek in hegtenis geneem.

TimesLive berig dat daar Vrydag ʼn klopjag op Calitz se huis uitgevoer is en dat sy in hegtenis geneem is nadat daar glo dwelms in haar besit gevind is. Calitz en haar vriend Bruno Pelizzari is op 26 Oktober 2010 deur seerowers ontvoer terwyl hulle aan die kus van Tanzanië met hul seiljag gevaar het. Hulle is in Junie vanjaar vrygelaat ná ‘n gesamentlike operasie deur Suid-Afrika, Somalië en Italië. Volgens die berig het Calitz haar “status” probeer gebruik om te keer dat die polisie haar en verskeie ander mense in hegtenis neem. Sewe mense is tydens die klopjag in hegtenis geneem. Calitz woon glo saam met haar seun en dogter in die woonstel in Constantiapark. Volgens die berig is daar beslag gelê op dagga, “magic mushrooms” en toerusting wat gebruik word om dwelms te vervaardig. Die sewe verdagtes sal verwagting vandag in die Hatfield-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die besit van dwelms.

Calitz en Pelizzari het onlangs hul verhouding beëindig na daar glo onmin was oor die verdeling van die geld wat geskenk is om hulle vrylating te bewerkstellig.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.