Seerower-gyselaars: Geen losprys betaal nie

Bruno Pelizzari en Debbie Calitz kort ná hul vrylating Foto: Facebook

Die departement van internasionale betrekkinge het Donderdag gesê dat hulle nie bewus is van enige losprys wat vir die Suid-Afrikaanse paartjie, wat deur Somali-seerowers gyselaar gehou is, betaal is nie.

Bruno Pelizzari en Debbie Calitz is in 2010 van hul seiljag aan die ooskus van Afrika ontvoer. Hulle is Woensdag, ná 20 maande, aan die Somali-regering oorhandig, berig EWN. Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement sê dit is nie die departement se beleid om ʼn losprys te betaal nie. “Hierdie situasie was nie ʼn uitsondering nie. Ons is dankbaar aan elke party wat ʼn rol gespeel het om uiteindelik die paartjie te bevry,” het Kgwete gesê.

Die seerowers het aanvanklik R80 miljoen vir die paartjie geëis. Luidens ʼn blog wat vir die paartjie opgestel is, is dié bedrag in Maartmaand na R4 miljoen verlaag. Die losprys is weer verhoog toe onderhandelinge vasgeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.