Seerowers eis R33 miljoen losprys vir SA-gyselaars

Bruno Pelizzari en sy vriendin Deborah Calitz.

Die Somaliese seerowers wat verlede jaar ʼn Suid-Afrikaanse paartjie ontvoer het, eis ʼn losprys van R33 miljoen.

Bruno Pelizzari en Deborah Calitz van Durban is op 26 Oktober verlede jaar deur seerowers ontvoer terwyl hulle aan die kus van Tanzanië geseil het. Die Sowetan berig dat Pelizzari se suster, Vera, ʼn oproep van haar broer gekry het waatydens hy gevra het dat die losprys betaal word. Pelizzari het glo aan haar gesê indien die seerowers nie die losprys ontvang nie hy en Calitz doodgemaak sal word. Volgens Vera kry sy weekliks oproepe van ʼn seerower genaamd Ali rakende die losprys. In Augustus vanjaar is twee Somaliese seerowers tot onderskeidelik ses en sewe jaar tronkstraf gevonnis vir hulle rol in die ontvoering. Pelizzari en Calitz word steeds op ʼn onbekende bestemming aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.