Seerowers verskaf bewyse dat SA paartjie leef

Die families van Calitz en Pelizzari, wat reeds 19 maande deur Somaliese seerowers aangehou word, het 'n bewys ontvang dat hulle leef. Foto: msn.com

Die families van ʼn Suid-Afrikaanse paartjie wat 19 maande gelede deur Somaliese seerowers ontvoer is, het Donderdag bewyse ontvang dat hulle steeds lewe.

Volgens ʼn berig in Beeld het Vera Hecht vir haar broer, Bruno Pelizzari, ʼn lys van vrae gestuur wat net hy sou kon antwoord. Pelizzari word saam met sy vriendin, Debbie Calitz, aangehou en die paartjie is glo al na verskillende kampe geskuif.

“Hulle is lewendig en dit is al wat ons weet. Ons weet of hulle gesond is nie en ook nie waar hulle aangehou word nie,” het Hecht gesê. Sy het verder gesê die familie se onderhandelinge met die seerowers het ʼn terugslag belewe. Die man waarmee hulle tot dusver onderhandel het, is onlangs met ʼn ander onderhandelaar vervang wat meer eise stel. “Hy het ons laaste aanbod vir ʼn losprys van die hand gewys,” het Hecht gesê.

Die seerowers het oorspronklik vir ʼn losprys van $4-miljoen gevra, maar die familie het nog net ʼn klein gedeelte van die bedrag ingesamel.

Calitz en Pelizzari was op ʼn seiljag naby Mosambiek toe hulle op 26 Oktober 2010 ontvoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.