Segsman geskors oor Fransman-brief

Marius Fransman

Lionel Adendorf, woordvoerder van die departement van landbou, bosbou en visserye is geskors nadat hy ʼn brief aan ʼn koerant geskryf het waarin hy ʼn bekende politieke figuur gekritiseer het.

Greta Apelgren-Narkadien, adjunkdirekteur-generaal van visserye, het aan die Cape Times gesê dat Adendorf Vrydag geskors is nadat die brief Donderdag in die koerant gepubliseer is. In die brief beskryf Adendorf die leier van die ANC in die Wes-Kaap Marius Fransman se gedrag by die moord- en verkragtingslagoffer Anene Booysen se gedenkdiens as “onvanpas en oneerbiedig.” Fransman, ook die adjunk-minister van internasionale betrekkinge, het glo tydens die gedenkdiens ʼn aanval op LUR Albert Frits en LUR Dan Plato geloods. Apelgren-Narkadien het aan die koerant gesê dat Adendorf vir Fransman “aangeval” het maar nie duidelik gemaak dat dit sy persoonlike opinie is nie. “Ons werknemers het die reg om met die media te praat maar dan moet hulle dit duidelik maak dat dit hulle eie opinie is. Ek dink nie hy het dit gedoen nie.” Volgens die berig het Apelgren-Narkadien ontken dat sy druk van Fransman of Tina Joemat-Pettersson, minister van die departement, ontvang het om op te tree. Volgens die berig was Adendorf se brief nie onderteken as woordvoerder van die departement nie maar in sy persoonlike kapasiteit. Adendorf is vir 60 dae geskors hangende die uitkoms van ʼn dissiplinere verhoor. Adendorf wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fritz ·

….maar is daar nie vryheid van spraak in SA nie….???…….O…skies, die ANC maak mos hulle rules op soos hulle aangaan….en hulle pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.