Seiljag met sewe aan boord vermis

’n Seiljag met sewe mense aan boord, onder wie twee Suid-Afrikaners, word vermis op ’n vaart tussen die eiland Mayotte in die Indiese Oseaan en Pemba in die noorde van Mosambiek.

Beeld berig die kaptein van die jag is John Sergel, ʼn Suid-Afrikaner van Durban, terwyl sy medeskipper, Izabelle Moallic ʼn Franse burger is. Saam hulle op die jag is Gianvieve Mancuso, ’n Amerikaanse vrou, en haar Duitse man, Alexander Weyhe, ʼn Brit Jason Morenikeji, nog ‘n Suid-Afrikaner Frank Joubert en Jasper van Straaten van Nederland. Volgens die berig het ’n vliegtuig van die Europese Unie se teen-seerowermag in Djiboeti gister na die jag begin soek. Daar is Dinsdagaand laas van iemand aan boord die jag gehoor. Die jag moes Vrydag in Pemba aangekom het. Die passasiers het almal in Pemba, ’n groeiende toerismemekka in Mosambiek, gewerk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.