Sekere dele van Mothutlung steeds sonder water

waterSommige huishoudings in die Mothutlung nedersetting naby Brits in Noordwes, is steeds sonder water.

Die departement van waterwese het Vrydag gesê watertoevoer is nog nie 100% na die gebied herstel nie. “ʼn Waterpomp is deur vandale beskadig en daar is onderdele van die pomp se elektriese motor gesteel,” het Bigboy Moagi, ʼn woordvoerder van die departement, gesê.

“Ons tegnici werk aan die motor en ons hoop om teen Vrydagmiddag 100% toevoer na die gebied te hê.”

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Woensdag belowe dat watertoevoer na die gebied teen Vrydag herstel sal wees. Inwoners het Sondag begin betoog oor water nadat hulle vir lank sonder vars water moes klaarkom. Drie mense is tydens die betogings dood.

Lees ook:
Watertoevoer in Mothutlung herstel
Brits-betoging: 14 in die hof
Brits-betoging eis nog ‘n lewe
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Daar moet opgetree word teen die onbevoegde mense wat aangestel word om werk te en dit nie doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.