Seksmisbruik neem toe in Desember

Seksuele mishandeling van kinders neem glo veral in die feesseisoen toe.

“Mense is in ‘n goeie luim en let nie op waar hul kinders is nie,” het Albert Fritz, LUR vir maatskaplike ontwikkeling gesê. EWN berig Kinderwelsyn SA ontvang op Kersdag tot 100 oproepe van mense wat kindermishandeling sien gebeur het.

“Dit ibied ‘n gulde geleentheid vir seksuele oortreders,” het Fritz bygevoeg. “Sommige ouers is nalatig oor hul kinders omdat hulle besig is om partytjie te hou.” Fritz is ook besorg oor hoe lank dit duur voordat kinders mishandeling aanmeld. Talle kinders wag eers totdat die skool in Januarie begin voordat hulle die voorval aanmeld. “Kinders meld gewoonlik die mishandeling aan by hul onderwysers.”

Die LUR doen ‘n beroep op ouers om te alle tye hul kinders dop te hou.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.