Seksuoloog dr. Eve vertel van verkragting

Marlene Wasserman, beter bekend as Dr Eve

Marlene Wasserman, beter bekend as die seksuoloog “dr. Eve”, het Donderdag vir die eerste keer vertel dat sy 11 jaar gelede verkrag is.

“Dit het vir my gevoel of die tyd nou reg is om daaroor te praat,” het Wasserman aan The Times gesê. Sy het dié onthulling Donderdag by ‘n openbare verhoor van die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van Suid-Afrika (Icasa) gemaak, berig SowetanLIVE. Die verhoor handel oor TopTV se aansoek vir drie porno-kanale. Sy het die verhoor ter ondersteuning van die aansoek bygewoon, en gesê dit sal adolessente help om hul eie seksualiteit te verstaan.

Wasserman het verder aan The Times gesê sy het al aan die begin van verlede maand met die aanvang van die “Stop verkragtingsveldtog” oorweeg om oor die verkragting te praat, maar wou haar familie beskerm. “Ek het dit met hulle bespreek en besluit dat ek sal weet wanneer die tyd reg is om daaroor te praat, en waar ek dit sou doen,” het sy gesê.

Die verslag bevat besonderhede oor die tyd en plek van die verkragting. “Na só ‘n traumatiese gebeurtenis was dit moeilik om weer op my voete te kom,” het Wasserman bygevoeg. “Dit maak nie saak hoeveel selfverdedigingsklasse jy bywoon, of hoe jy jouself en jou huis beskerm nie, daar is iets wat binne ‘n man of vrou breek, en dit bly vir altyd gebreek. Jy moet net leer hoe om daarmee saam te leef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.