Mynwerkers is Dinsdag deur vermeende koperdiewe gyselaar gehou in ‘n Xstrata-steenkoolmyn in Witbank.
Maroela Media het vroeër berig dat die vermeende diewe sekuriteitsbeamptes gyselaar gehou het nadat hulle die mans in die myn in gevolg het, maar dit het intussen aan die lig gekom dat die nie sekuriteitswagte was nie, maar mynwerkers. Die mynwerkers het ondergronds gewerk toe hulle die groep mans gesien het wat glo besig was om koperkabels te steel. “Die groep (myners) is deur die vermeende oortreders gejaag en in ‘n ondergrondse kamer ingejaag,” het die polisie Woensdag gesê. Die werkers is Dinsdag omstreeks 23:00 na veiligheid gebring.
Die polisie en Xstrata-bestuur ondersoek die voorval.
Die waarde van die koperkabels wat gesteel is, is nog nie vasgestel nie.