Sekuriteit rondom hof vir Malema

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie in Limpopo het die publiek teen wetteloosheid gewaarsku wanneer Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier, Vrydag in die streekshof in Polokwane verskyn.

“Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal die gebied in en rondom die hof, sowel as die middestad en spesifieke gebiede in Seshego, monitor en patrolleer,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.

Sommige strate rondom die hof sal gesluit word. “Schoemanstraat van Thabo Mbeki tot Rabestraat, Landdros Marestraat van Thabo Mbeki tot Rabestraat en Bodensteinstraat van Kerkstraat tot by Hans van Rensburgstraat sal gesluit wees,” het Mulaudzi gesê. Hy maan die publiek om die gebied Vrydagoggend te vermy.

“Geen gevaarlike wapens, insluitend knopkieries, pangas en messe, sal naby die hof toegelaat word nie,” het Mulaudzi gesê.

Malema staar aanklagte van geldwassery in die gesig. Vier van sy medebeskuldigdes staar klagtes soos bedrog, korrupsie en geldwassery in verband met ‘n tender van R52 miljoen, wat aan On-Point Engineers toegeken is, in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.