Sekuriteitsvoertuig by myn aan die brand gesteek

Argieffoto.

Stakende mynwerkers van Anglo Gold se Itireleng- en Mzomhle-myne naby Orkney het Woensdag in die vroeë oggendure glo ʼn sekuriteitsvoertuig aan die brand gesteek.

Brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, sê ʼn groep van nagenoeg 7 000 stakers het omstreeks 01:00 onwettig by die myne saamgedrom en werkers, wat nie deel is van die staking nie, op pad werk toe geïntimideer.

“Die polisie is ontbied om die skare uit mekaar te kry met minimum geweld. Buiten die voertuig wat aan die brand gesteek is, is twee busse ook met klippe gegooi. Die busse het mynwerkers vervoer wat nie deel van die staking is nie,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek sake van brandstigting en opsetlike  eiendomsbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.