Sekuriteitswag aangekla nadat Rottweiler kleuter verskeur

Die polisie het ʼn Kaapse sekuriteitswag van ernstige aanranding aangekla nadat sy Rottweiler hond glo ʼn kleuter aangeval en hom ernstig beseer het.

Volgens die sekuriteitswag het sy hond uit sy hok losgebreek en ʼn gat onder die heining van die Perseverance Laerskool in Belhar gegrawe, het die Cape Argus berig. Die driejarige Lincoln en sy stiefpa het Sondag na die dokter toe gestap toe die hond op hulle afgestorm het. Die hond het glo uit die skoolgronde gehardloop, die kind aan die nek beetgekry en probeer om hom na die skool toe te sleep. Luidens die berig moes Lincoln Dinsdag ʼn tweede ronde sjirurgie by die Red Cross kinderhospitaal ondergaan en verkeer hy steeds in ʼn kritieke toestand. Die hond, wat glo aan die skool behoort, is Sondag uitgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.