Selebi daag glo nie op vir dialise

Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, het glo vir die afgelope week nie vir sy dialisebehandeling by die Steve Biko-hospitaal opgedaag nie.

S’bu Ndebele, die minister van korrektiewe dienste, en die voorsitter van die mediese paroolraad het op 20 Julie Selebi op mediese parool vrygelaat. Selebi was in 2010 aan korrupsie skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Sedert sy aanhouding was hy in en uit die hospitaal as gevolg van swak gesondheid. Hy het omtrent 229 dae van sy 5 475 dae vonnis uitgedien.

Volgens ʼn nierspesialis is hy terminaal siek met ander gesondheidsprobleme soos onder andere ʼn hartsiekte, diabetes en bloeddruk. Hy kwalifiseer nie vir ʼn nieroorplanting nie. Selebi benodig glo ’n paar keer per week behandeling in die hospitaal waar hy aan ’n dialisetoestel gekoppel word.

ʼn Bron het aan The New Age bevestig Selebi se laaste behandeling was verlede Maandag. Die koerant het Selebi se huis geskakel en ʼn vrou, wat nie haar naam bekend wou maak nie, het gesê Selebi sterk by sy huis in Waterkloofrif, Pretoria, aan. Sy kon nie sê of hy by ʼn ander mediese fasiliteit behandeling kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter van Wyk ·

Ja nee, ons sal die vordering met ‘n valkoog dophou……………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.