Selebi distansieer homself van “Lefika Project”

Jackie Selebi

Jackie Selebi, die veroordeelde voormalige kommissaris van die polisie, sê hy het geen opdrag aan die sogenaamde “Lefika Project” gegee om namens hom aansoek te doen vir mediese parool nie.

Hy distansieer homself van die aansoek wat deur twee mans ingedien is en sê dat hy hulle nog nooit ontmoet het nie. Selebi is steeds in ʼn kritieke toestand by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. Selebi se prokureur, Wynanda Coetzee, het bevestig dat die voormalige kommissaris nie die twee mans ken nie en dat hy hulle nooit versoek het om namens hom aansoek om mediese parool te doen nie. Een van die twee mans, Isaak Lesole, het gesê hulle het dit uit “beginsel” gedoen. “Ons wou die familie nie hierby betrek nie, sodat hulle op Selebi se gesondheid kan fokus.” Selebi dien tans sy 15 jaar tronkstraf uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.