Selebi het Vrydag by sy huis in Waterkloof, Pretoria, inmekaargesak nadat hy gehoor het dat sy appèlaansoek deur die appèlhof verwerp is. Selebi is vroeër 15 jaar tronkstraf opgelê vir geld wat hy van dwelmhandelaar, Glen Agliotti, aanvaar het. Die 61-jarige Selebi is veronderstel om Maandag die eerste dag van sy tronkstraf uit te dien, maar dit is onbekend of hy betyds uit die hospitaal ontslaan sal word.
Selebi het glo gedeeltelike beroerte gehad
Voormalige hoof van polisie, Jackie Selebi, het glo ‘n gedeeltelike beroerte gehad en moet nou ‘n groot operasie ondergaan, het die Sunday Independent berig.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.