Selebi hospitaal toe ná uitspraak in appèlhof

'n Ambulans staan voor Jackie Selebi se huis in Johannesbugr. Die foto is deur die gebruiker @barrybateman op Twitter gelaai.

Die voormalige nasionale polisiehoof, Jackie Selebi, het inmekaargesak kort nadat hy gehoor het sy appèlaansoek teen sy skuldigbevinding aan korrupsie is van die hand gewys.

Selebi se regsverteenwoordiger, Wynanda Coetzee, sê dit gaan nie goed met hom nie. “Ons is baie bekommerd…hy kan nie loop nie,”, sê Coetzee. Sy sê ʼn dokter is na Selebi se huis ontbied. Selebi is later na die Jakaranda-hospitaal in Pretoria geneem. Selebi moet binne 48 uur by die departement van korrektiewe dienste aanmeld om sy vonnis van 15 jaar tronkstraf te begin uitdien. Selebi is in Augustus verlede jaar in die Johannesburgse hooggeregshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie. Die hoogste hof van appèl het Vrydagoggend Selebi se appèlaansoek om sy skuldigbevinding ter syde te stel, van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

joe ·

Spot the bloody mistake here. Another Shabir Shaik stunt? Don’t these fools know the difference between a hospital and a prison? Probably a expensive private hospital at our expense too.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.