Selebi in hospitaal vir mediese toetse

Jackie Selebi word na die Jakaranda-hospitaal vervoer kort nadat hy by sy huis in Waterkloof inmekaargesak het. Foto: SAPA

Die voormalige nasionale polisiehoof, Jackie Selebi, is van Pretoria Sentraal gevangenis na die Steve Biko-hospitaal vervoer vir mediese toetse.

“Hy is ʼn siek man en moet toetse ondergaan,” het ʼn woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Sibongile Khumalo, gesê. Selebi is verlede Maandag in die Pretoria Sentraal gevangenis se hospitaalafdeling opgeneem nadat hy sy 15 jaar vonnis vir korrupsie moes begin uitdien. Selebi is eers in die Jakaranda hospitaal behandel nadat hy op 2 Desember by sy huis in Waterkloof inmekaargesak het toe die hoogste hof van appèl sy aansoek om sy vonnis ter syde te stel, van die hand gewys het. Intussen is daar ook Maandag berig dat Selebi na die Johannesburgse gevangenis, ook bekend as “Sun City”, oorgeplaas sal word sodra sy toestand verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.