Selebi op mediese parool vrygelaat

Die minister van korrektiewe dienste, S’bu Ndebele, en die voorsitter van die mediese paroolraad het Vrydag aangekondig dat Jackie Selebi op mediese parool geplaas gaan word. Die besluit tree vandag in werking.

Die aankondiging is omstreeks 10:40 tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg bekend gemaak.

Ndebele het gesê die mediese paroolraad maak voorsiening dat enige misdadiger onder mediese parool geplaas kan word en dat Selebi se toestand deeglik ondersoek is.

Selebi was ʼn voormalige polisiehoof en is in 2010 aan korrupsie skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Sedert sy aanhouding was hy in en uit die hospitaal as gevolg van swak gesondheid. Hy het omtrent 229 dae van sy 5475 dae vonnis gedien.

“Selebi is nie gesond nie en die werk van die mediese paroolraad is om te kyk na die toestand van gevangenes wat nie gesond is nie, daarom is Selebi se saak oorweeg,” het Ndebele se woordvoerder, Logan Maistry, vroeër aan EWN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.