Selebi se aansoek om appèl in November aangehoor

Die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi. Foto: GCIS

Die Nasionale Vervolgingsgesag het aangekondig dat die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, se appèl teen sy skuldigbevinding aan korrupsie in November aangehoor sal word.

ʼn Woordvoerder van die NVG, Mthunzi Mhaga, sê Selebi se appèl sal op 1 en 2 November in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein aangehoor word. Selebi is in Augustus verlede jaar deur regter Meyer Joffe skuldig bevind aan korrupsie wat verband hou met sy verhouding met die veroordeelde dwelmbaas Glenn Agliotti. Selebi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy bly egter vry tot na afloop van sy appèl aansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.