Selebi se toestand versleg

Voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is in die intensiewe sorgeenheid by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria opgeneem, het die Sowetan Maandag berig.

Selebi se toestand is glo besig om te versleg. ʼn Hospitaalbeampte het gesê dat ʼn “swak” Selebi laas Woensdag uit die niereenheid waar hy dialise ontvang het, na die intensiewe sorgeenheid verskuif is. Hy was glo na die hospitaal se kernmedisyne-eenheid vir X-strale geskuif, het die beampte aan die dagblad gesê. Dit is waar pasiënte glo vir kankeragtige tumors ondersoek word. Selebi word ook deur kardioloë ondersoek.

Adjunk-kommissaris vir korrektiewe dienste, Zacharia Modise, kon nie bevestig of ontken dat Selebi na die intensiewe sorgeenheid geskuif is nie. Die voormalige hoof van die polisie-eenheid, Interpol, is in Desember in die hospitaal opgeneem. Sy gesondheidsprobleme het ontstaan ná hy in sy huis in Pretoria inmekaargesak het nadat die hoofste hof van appèl sy aansoek om sy vonnis ter syde te stel, op 2 Desember van die hand gewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.