Selebi steeds kritiek

Jackie Selebi Foto: GCIS

Die veroordeelde voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria, het die departement van korrektiewe dienste Dinsdag gesê.

Zacharia Modise, woordvoerder vir die departement, het gesê Selebi is steeds in ʼn kritieke toestand. Twee weke gelede het ʼn groep wat hulself “Vriende van Jackie Selebi” noem, ʼn aansoek om mediese parool vir Jackie Selebi by die kantoor van die minister van korrektiewe dienste en die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste ingedien. Modise sê die departement sal binne die volgende sewe dae op die aansoek reageer. Selebi is in Julie 2010 skuldig bevind aan korrupsie nadat hy geld van die veroordeelde dwelmhandelaar, Glenn Agliotti, aanvaar het en hom bevoordeel het deur byvoorbeeld ʼn Britse dwelmondersoekverslag aan hom te wys. In daardie stadium was Selebi die president van Interpol. Selebi is 15 jaar tronkstraf opgelê. Selebi het by sy huis in Waterkloof inmekaargesak nadat die hoogste hof van appèl sy aansoek om sy vonnis ter syde te stel, op 2 Desember van die hand gewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.