
Jackie Selebi word na die Jakaranda-hospitaal vervoer nadat hy by sy huis in Pretoria inmekaargesak het. Foto: SAPA
Die Weekend Argus berig dat Selebi van die Nefrologie-eenheid in die Steve Biko hospitaal na ʼn sel in die hospitaalafdeling van die tronk oorgeplaas is. Die adjunk kommissaris van die departement van korrektiewe dieste, Zachary Modise, sê Selebi sal deur twee verpleegsters gemonitor word. Hy sê Selebi het ook opleiding ontvang om sy eie behandeling toe te dien. Selebi is op 5 Desember in die Pretoria Sentraal gevangenis se hospitaalafdeling opgeneem nadat hy sy 15 jaar vonnis vir korrupsie moes begin uitdien. Selebi is eers in die Jakaranda hospitaal behandel nadat hy op 2 Desember by sy huis in Waterkloof inmekaargesak het toe die hoogste hof van appèl sy aansoek om sy vonnis ter syde te stel, van die hand gewys het.