Selebi terug in tronk

Jackie Selebi word na die Jakaranda-hospitaal vervoer nadat hy by sy huis in Pretoria inmekaargesak het. Foto: SAPA

Die veroordeelde voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is vroeër die week uit die hospitaal ontslaan en teruggeneem na die Pretoria Sent raal gevangenis.

Die Weekend Argus berig dat Selebi van die Nefrologie-eenheid in die Steve Biko hospitaal na ʼn sel in die hospitaalafdeling van die tronk oorgeplaas is. Die adjunk kommissaris van die departement van korrektiewe dieste, Zachary Modise, sê Selebi sal deur twee verpleegsters gemonitor word. Hy sê Selebi het ook opleiding ontvang om sy eie behandeling toe te dien. Selebi is op 5 Desember in die Pretoria Sentraal gevangenis se hospitaalafdeling opgeneem nadat hy sy 15 jaar vonnis vir korrupsie moes begin uitdien. Selebi is eers in die Jakaranda hospitaal behandel nadat hy op 2 Desember by sy huis in Waterkloof inmekaargesak het toe die hoogste hof van appèl sy aansoek om sy vonnis ter syde te stel, van die hand gewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.