EWN berig dat die ondersoekbeampte, Andrew Leask, en nog drie polisiebeamptes buite die tronk op Selebi gewag het. Selebi is in ʼn ambulans na die tronk se mediese fasiliteit vervoer, deur ʼn kantingang. Volgens berigte is Selebi in ʼn rolstoel na die ambulans vervoer toe hy die Jakaranda-hospitaal verlaat het. Selebi het Vrydagmiddag by sy huis in Pretoria inmekaargesak en is na die Jakaranda-hospitaal vervoer. Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein het Vrydag Selebi se appèlaansoek om sy 15 jaar vonnis vir korrupsie ter syde te stel, van die hand gewys.
Selebi tronk toe gevat
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.