Selebi vir miljoene gedagvaar

Jackie Selebi

Jackie Selebi

Jackie Selebi, die voormalige polisiekommissaris, word vir meer as R40 miljoen gedagvaar, het The New Age Donderdag berig.

Volgens die berig word Selebi deur Paul O’Sullivan, wat nou ʼn privaatspeurder is, gedagvaar.

O’Sullivan dagvaar Selebi asook die Airports Company SA (Acsa), volgens dokumente wat by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien is.

In dié dokumente beweer O’Sullivan dat Selebi en Acsa se voormalige uitvoerende hoof, Monhla Hlahla, saamgespan het om hom te verwyder uit sy pos as hoof van veiligheid by die OR Tambo-lughawe nadat O’Sullivan sy kommer uitgespreek het oor sekuriteitsflaters deur die lughawe se voormalige sekuriteitsmaatskappy. Die betrokke maatskappy se dienste is later beëindig ná O’Sullivan se ingryping.

Hy eis onder meer R2 miljoen vir pyn en lyding, R4 miljoen vir skade aan sy reputasie, en R36 miljoen vir gebrek aan inkomste.

Dié hofgeding volg op berigte dat Selebi die staat sowat R17.4m in regskoste skuld. Selebi is op mediese parool vrygelaat nadat hy in 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is vir korrupsie.

Selebi se prokureur het aangedui dat hy van voorneme is om O’Sullivan se regsgeding te verdedig.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alta ·

As of Celebi nou ooit die regskoste aan die staat gaan betaal, nee SA het mos baie gewillige belastingbetalers. Sies

Gert Malan ·

Ek moet my woorde nou reg kies – ek hoop Maroela Media neem kennis: Selebi, jou stouter, maar jy moenie bekommerd wees nie, Oom Zumpie sal seker weer iewers ‘n hasie uit die hoed pluk en jou help, miskien iewers met ‘n meer senior pos of so. Tata.

a.lombard ·

Wanneer word die regkoste van die Staat deur Selebi betaal? hoe sien sy belasting daar uit, want SARS kan definitief ook hier inspring. Dit werklik ‘n skande dat half gesonde mense vry kan loop en dit op staat onkoste? ontvang hy pensioen en hoeveel per maand? indien wel waarom kan daar nie ‘n aftrek bevel teen die pensioen geplaas word nie?

Dit is wel tyd dat persone die veronreg is aksie neem, ek hoop dat iets ten goede vir die eiser gebeur
hy moet net uitvind hoeveel eiendomme Selebi besit en beslag le.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.