Selebi wéér in hospitaal

Selebi word op 2 Desember na die Jakaranda-hospitaal vervoer nadat hy by sy huis in Pretoria inemekaargesak het. Foto: SAPA

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat die voormalige nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi, behandeling ontvang by die Steve Biko-hospitaal vir hipertensie en nierprobleme.

EWN berig dat Selebi Maandag in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem is. Hy ontvang glo dialise en is na bewering geskeduleer om ʼn orgaanoorplanting te kry as gevolg van komplikasies met diabetes. ʼn Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Zacharia Modise, sê Selebi se bloedsuiker is glo laag en dat dokters nog besluit watter behandeling hy moet ontvang.

Selebi is op 12 November ook na die Steve Biko-hospitaal geneem vir mediese toetse. Selebi is op 5 Desember in die Pretoria Sentraal gevangenis se hospitaalafdeling opgeneem nadat hy sy 15 jaar vonnis vir korrupsie moes begin uitdien. Selebi is eers in die Jakaranda hospitaal behandel nadat hy op 2 Desember by sy huis in Waterkloof inmekaargesak het toe die hoogste hof van appèl sy aansoek om sy vonnis ter syde te stel, van die hand gewys het. Daar is vroeër berig dat Selebi na die Johannesburgse gevangenis, ook bekend as “Sun City”, oorgeplaas sal word sodra sy toestand verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.