Maroela Media het vroeër vandag berig dat Selebi sedert Dinsdag in die hospitaal opgeneem is, maar hy is Donderdag glo weer ontslaan en sterk nou by die huis aan. James Smalberger, hoof-adjunkkommissaris van korrektiewe dienste, het gesê dokters het Selebi deur die loop van Donderdag ontslaan.
Ernest Kenoshi, hoof uitvoerende beampte van die Steve Biko Akademiese hospitaal het aan EWN bevestig dat Selebi, op sy versoek, Dinsdag na die Jakaranda-hospitaal oorgeplaas is. Kenoshi het ook bevestig dat Selebi vir sy eie mediese rekeninge verantwoordelik is.