Selebi weer ontslaan

Jackie Selebi

Voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi, is Donderdag uit die hospitaal ontslaan, het die departement van korrektiewe dienste gesê.

Maroela Media het vroeër vandag berig dat Selebi sedert Dinsdag in die hospitaal opgeneem is, maar hy is Donderdag glo weer ontslaan en sterk nou by die huis aan. James Smalberger, hoof-adjunkkommissaris van korrektiewe dienste, het gesê dokters het Selebi deur die loop van Donderdag ontslaan.

Ernest Kenoshi, hoof uitvoerende beampte van die Steve Biko Akademiese hospitaal het aan EWN bevestig dat Selebi, op sy versoek, Dinsdag na die Jakaranda-hospitaal oorgeplaas is. Kenoshi het ook bevestig dat Selebi vir sy eie mediese rekeninge verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.