Selebi word glo privaat behandel

Steve Biko-hospitaal het Maandag bevestig dat Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, na ʼn ander mediese instansie geskuif het om privaatbehandeling te ontvang.

Maroela Media het vroeër berig dat Selebi, voormalige polisiehoof, glo vir die afgelope week nie vir sy dialisebehandeling by die Steve Biko-hospitaal opgedaag nie. ʼn Bron het aan The New Age bevestig Selebi se laaste behandeling was verlede Maandag. Die koerant het Selebi se huis geskakel en ʼn vrou, wat nie haar naam bekend wou maak nie, het gesê Selebi sterk by sy huis in Waterkloofrif, Pretoria, aan.

Volgens ʼn nierspesialis is hy terminaal siek met ander gesondheidsprobleme soos onder andere ʼn hartsiekte, diabetes en bloeddruk. Hy kwalifiseer nie vir ʼn nieroorplanting nie. Selebi benodig glo ’n paar keer per week behandeling in die hospitaal waar hy aan ’n dialisetoestel gekoppel word.

Dr Ernest Kenoshi, die hospitaal se hoof uitvoerende beampte, het aan EWN gesê Selebi is na die Jakaranda-hospitaal verplaas. Hy betaal glo vir sy eie behandeling. Kenoshi wou nie uitbrei hoekom en wanneer Selebi geskuif het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Doman ·

O ja, HY BETAAL VIR SY EIE BEHANDELING! Dit glo ons wat die belastingkoffers moet vul mos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.