Die polisie is tans buite die HSBC-gebou in Sandton, Johannesburg, waar vermoedelik ʼn selfmoord vroeër plaasgevind het.
ʼn Man se liggaam is vroeg Vrydagoggend aangetref, maar die besonderhede is nog nie duidelik nie, berig EWN. Die man het glo na sy dood gespring. Die sekuriteitswagte was besig om die bloed naby die ingang van die gebou weg te spoel toe werknemers begin opdaag het.
Die man het vermoedelik omstreeks 03:00 Vrydagoggend gespring. Sy identiteit is nog nie bekendgemaak nie en werknemers op die toneel weier om te praat.
Die polisie kon nog nie enige besonderhede bevestig nie.