Selfmoord-meisie se foto in Facebook-advertensie gebruik

facebookFacebook het om verskoning gevra nadat die foto van ʼn meisie, wat vroeër selfmoord gepleeg het, in ʼn advertensie op die sosiale netwerk gebruik is.

Rehtaeh Parsons (17), van Halifax in Kanada, het in April vanjaar selfmoord gepleeg nadat foto’s van hoe sy glo seksueel aangerand word op Facebook en ander sosiale netwerke versprei is. Sy is glo erg geboelie hieroor. ʼn Foto van Parsons is intussen in ʼn advertensie vir lonechat.com op Facebook gebruik. Die advertensie se opskrif was: “Vind liefde in Kanada. Ontmoet Kanadese meisies en vrou vir vriendskap, ontmoetings of verhoudings.” Facebook het kort hierna ʼn persverklaring uitgereik waarin hulle sê “dit was ʼn “growwe skending” van die maatskappy se beleid. Die advertensie is intussen verwyder en lonechat.com is deur Facebook verban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.