Selfmoord-pa en seun in hof

Die apteek waar die gyselaarsdrama afgespeel het. Foto: Google Earth

Die apteek waar die gyselaarsdrama afgespeel het. Foto: Google Earth

Die pa en seun wat verlede maand in hegtenis geneem is nadat hulle personeel by ʼn apteek in Port Elizabeth gyselaar gehou het en vir hulp gevra het om selfmoord te pleeg, het Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Die SABC berig dat Bernardus Lottering (49) en sy seun, Ernest (19), se saak uitgestel is tot 22 November wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen. Die saak is uitgestel aangesien Lottering sr. ʼn operasie moet ondergaan om sy been te amputeer.

Die pa en seun het op 21 Oktober rondom middagete ‘n apteek in Seaview binnegestap en ‘n apteker en haar twee assistente gyselaar gehou. Hulle het geëis dat daar vir hulle inspuitings gegee word om mee selfmoord te pleeg. Aptekers het vir die mans twee inspuitings met ʼn kalmeermiddel in voorberei. Nadat die pa en seun die medikasie geneem het, het hulle die personeel vrygelaat. Volgens ooggetuies het die mans glo ʼn vuurwapen en ʼn ploftoestel by hulle gehad. Dit het later aan die lig gekom dat dit slegs ‘n speelgoedgeweer en ‘n brandbom was. Die twee mans het in ‘n tent op die strand gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leon ·

Ja as die nood druk soek mens enige uitkoms. En arme man gaan nog sy been ook verloor. Kom ons hou duimvas dat hulle nie tronk toe gaan nie arme mense.

Trippie ·

Heng Leon, ek het nie geweet dat pa en seun in sulke haglike toestand moes bly nie.

Dit moes BAIE sleg gegaan het met hulle om sulke drastiese stappe te wou neem.

Ek sal nooit selfmoord goedkeur nie – maar liewe hemel, waar is ons mede-Blankes se omgee … ek verstaan wel, daar is baie wat MIN het, en tog afknyp om ander in nood by te staan.

Hoogtyd ons reik uit na mekaar – en ek wil nie lelik wees nie, maar as iemand nie gaan help nie, gaan dit nog slegter gaan met hulle, ook gesien in die lig dat hy sy been ook nou gaan verloor.

Ek voel terselfdertyd ook jammer vir die personeel – glo nie hulle sal die ondervinding gou vergeet nie.

Gideon Erasmus ·

Ek kry daardie twee siele uit die diepte van my hart jammer. Dit was op die oog af enigste uitweg, kom ons hoop daar is wyse manne iewers wat met begrip optree, en hulle saak met empatie benader.

Ronel wolmarans ·

Baie dankie aan die mense wat sulke goeie dinge nog te se van my broer en my kind en dankie vir al die gebede….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.