Selfmoord-sending: Joernalis het glo met onderhandelings ingemeng

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom afgespeel het Foto: Google Earth

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom afgespeel het Foto: Google Earth

Daar is bewerings dat ‘n joernalis moontlik ingemeng het terwyl die polisie Maandag in Port Elizabeth met ‘n pa en seun, wat op ‘n selfmoord-sending was, onderhandel het.

Die polisie het ure lank met die pa en sy 19-jarige seun onderhandel nadat hulle by Seaview-apteek ingestap en dodelike inspuitings geëis het om selfmoord mee te pleeg. “Ek kan bevestig dat daar bewerings is dat ‘n joernalis met die onderhandelings ingemeng het,” het Stanley Jarvis, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy wou nie kommentaar lewer oor die aard van die inmengery nie.

Die SAUK het egter berig dat ‘n vryskutjoernalis tydens die onderhandelings glo telefonies met die pa en seun gesels het.

“Die generaal het ‘n ondersoek versoek en hy het gevra dat, indien dit wel gebeur het, dit nooit weer moet gebeur nie,” het Jarvis gesê.

Die pa en seun het werknemers van die apteek vrygelaat nadat hulle inspuitings met ‘n kalmeermiddel, wat hulle aangesien het vir dodelike inspuitings, ontvang het.

Die polisie kon ure later die apteek betree en het hulle in hegtenis geneem.

Lees ook:
Pa, seun vas ná gyselaarsdrama
Gyselaarsdrama: Pa en seun wil glo selfmoord pleeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.