Selfmoordbommers eis 78 in kerk

Argieffoto

Argieffoto

Twee selfmoordbommers het Sondag op ʼn 130 jaar oue Anglikaanse kerk in Pakistan toegeslaan en die dood van minstens 78 mense veroorsaak.

Reuters berig 34 van die mense wat dood is, is vrouens en kinders. Meer as 100 mense is beseer. Die Tehreek-e-Taliban Pakistan (TTP) Jundullah, ‘n Taliban-verwante militante groep, het glo reeds verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

“Hulle is die vyande van Islam en daarom teiken ons hulle,” het Ahmed Marwat, ʼn woordvoerder van TTP, aan Reuters gesê. “Ons sal aanhou om mense wat nie Moslem is nie, op Pakistanse grond aan te val.”

Nawaz Sharif, die eerste minister, het probeer om vredesgesprekke met die Pakistanse Taliban oor die afgelope maande te voer, te midde van ‘n styging in die Islamitiese geweld. Sedert dié aanval, het Sharif sy standpunt oor die opstand verstewig, maar hy het nog nie militêre optrede versoek nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.