Selfmoordbrief: Polisiebeampte was glo onskuldig

Brian Plaatjies

Kaptein Brian Plaatjies (43), die polisiebeampte wat homself geskiet het nadat hy glo vermeende misdadigers vrygelaat het, het ʼn brief agtergelaat waarin hy sy onskuld verklaar.

Plaatjies, wat as woordvoerder by die polisiestasie in Lyttelton gedien het, het Saterdagoggend selfmoord gepleeg nadat hy glo drie verdagtes vrygelaat het. ʼn Man van Nigerië en drie Suid-Afrikaners is Vrydag in Irene in hegtenis geneem waarna Plaatjies die Suid-Afrikaners weer vrygelaat het. Plaatjies het beweer die mans was informante van die polisie.

ʼn Kolonel het Plaatjies aangesê om die verdagtes weer in hegtenis te neem, anders sal hy van dwarsboming van die gereg aangekla word. Twee van die verdagtes kon weer aangekeer word, maar die derde man kon nie opgespoor word nie. Plaatjies het homself hierna by sy huis in Eersterust, Pretoria, met sy dienspistool geskiet.

Vanessa Plaatjies, sy vrou, het Maandag gesê hy het nie selfmoord gepleeg omdat hy korrup was nie, maar “omdat ʼn senior offisier hom geteister het,” berig Beeld.

Beeld het Plaatjies se selfmoordbrief publiseer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.