Selfmoordneigings in Postmasburg

Argieffoto

ʼn Groot aantal jongmense in Postmasburg in die Noord-Kaap het al oorweeg om selfmoord te pleeg.

“Alhoewel die meerderheid nog nie selfmoord oorweeg het nie, is die aantal van diegene wat reeds het, onaanvaarbaar hoog,” het dr. Moses Khanyile, navorsingsraadgewer by Tsantsabane Youth Survey gesê. Dié opname se uitslag is Dinsdag bekendgemaak.

ʼn Totaal van 1 272 jong mense in die gebied, enigiemand tussen 15 en 35 jaar oud, het aan die opname deelgeneem. Ten minste 9.8% van respondente het aangedui dat hulle in ʼn gegewe stadium al selfmoord oorweeg het. “Ten minste 12.7% van die jeug het al selfmoordneigings in hul vriendekring bespeur. Sowat 12.9% het aangedui dat hulle al deur selfmoord in hul families geraak is, wat ʼn groot rede vir kommer is,” het Khanyile bygevoeg.

Afhangend van wie in die familie selfmoord gepleeg of probeer pleeg het, kan dit tot ʼn toename in kinderhuishoudings lei.

“Gegewe dat sowat 10% van die jeug al oorweeg het om hulself dood te maak, is dit belangrik om welstandsentra en nooddienstelefoonlyne vir die jeug beskikbaar te stel. Opleiding en maatskaplike werkers in die gebied is ook van uiterste belang,” het Khanyile gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.