‘Selfmoordpakt’-paartjie gevind

Liza Hugo. Foto: Facebook

Die polisie het bevestig dat die paartjie van Bloemfontein wat na bewering ’n selfmoordpakt aangegaan het en toe vermis geraak het, Dinsdag gevind is.

Ao. Herman Coetzee het Dinsdagaand aan Maroela Media bevestig dat Mariske Groenewald (26) en Liza Hugo (32) in Beaconbaai, Oos-Londen gevind is. Hy sê hulle is ongedeerd en dat hulle gesinne op pad soontoe is om hulle te gaan haal. Groenewald en Hugo is Saterdagoggend vir die laaste keer gesien en is die aand deur hul gesinne as vermis aangemeld nadat Hugo se pa, Duart, glo ʼn selfmoordbrief in haar Bybel gevind het. Die twee is in ʼn verhouding en het glo ʼn selfmoordpakt gemaak. Groenewald is glo in Januarie vanjaar van haar man geskei en het twee klein kindertjies.

Mariske Groenewald. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.