Selfoonopvangs in Gautrain-tonnels

Die Gautrain sal teen die middel van 2014 ʼn ondergrondse selfoonsein aan alle passasiers beskikbaar stel.

ʼn Ooreenkoms is met alle selfoondiensverskaffers gesluit om hul die geleentheid te bied om omvattend selfoondienste teen Julie 2014 aan Gautrain-passasiers te verskaf, berig Beeld.

Ismael Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, het gesê selfoonopvangs sal geleidelik in drie tegniese stappe infaseer word. Stap een is om teen Junie 2013 stemkommunikasie by alle stasies beskikbaar te stel. Fase twee is om seker te maak dat selfoonopvangs teen Desember 2013 in die tonnel beskikbaar is en opvangs vir die hele roete moet teen Julie 2014 afgehandel wees.

Krishna Chetty, bestuurder van radiobeplanning en optimisering by MNT SA, het gesê hulle en ander diensverskaffers bespreek dié kwessie al reeds ʼn geruime tyd met Gautrain se tegniese bestuurspan.

Voorlopige toetse is reeds gedoen om te bepaal hoe dienste aan klante verskaf gaan word. “Indien alle partye oor die besonderhede kan saamstem, sal omvattende selfoonopvangs teen Desember 2014 beskikbaar wees,” het Chetty gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.