‘n Skildery van die Nederlandse kunstenaar, Rembrandt van Rijn, blyk ‘n selfportret uit 1635 te wees.
Tot dusver is aanvaar dat die werk, asook Rembrandt se handtekening daaronder, een van Rembrandt se leerlinge se werk was.
Die eienaar van die skildery, die Britse National Trust, het egter pas aangekondig dat ‘n nuwe ondersoek aan die lig gebring het dat dit inderdaad die Nederlandse meester se eie werk is. Die afgelope 35 jaar het kundigheid oor Rembrandt se werk, en hoe sy handtekening ontwikkel het, baie toegeneem.
In 1635 was Rembrandt, wat in 1669 gesterf het, nog net 29 jaar oud. Hy het uiteindelik sowat ‘n 100 selfportrette geskilder.
Die skildery se waarde word op ongeveer R200 miljoen geraam, maar die National Trust mag dit nie van die hand sit nie.
Foto van skildery: Britse National Trust
is regtug nie vir my so mooi nie