Selfportret wél Rembrandt se eie werk

Foto: Britse National Trust

‘n Skildery van die Nederlandse kunstenaar, Rembrandt van Rijn, blyk ‘n selfportret uit 1635 te wees.

Tot dusver is aanvaar dat die werk, asook Rembrandt se handtekening daaronder, een van Rembrandt se leerlinge se werk was.

Die eienaar van die skildery, die Britse National Trust, het egter pas aangekondig dat ‘n nuwe ondersoek aan die lig gebring het dat dit inderdaad die Nederlandse meester se eie werk is. Die afgelope 35 jaar het kundigheid oor Rembrandt se werk, en hoe sy handtekening ontwikkel het, baie toegeneem.

In 1635 was Rembrandt, wat in 1669 gesterf het, nog net 29 jaar oud. Hy het uiteindelik sowat ‘n 100 selfportrette geskilder.

Die skildery se waarde word op ongeveer  R200 miljoen geraam, maar die National Trust mag dit nie van die hand sit nie.

Foto van skildery: Britse National Trust

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.