Selfvoorsienend met krag uit varkmis

Foto: Reuters

‘n Australiese varkplaas het nie net koolstofkrediete verwerf nie, maar het ook nie meer ‘n kragrekening nie.

Blantyre Farms naby Young suidwes van Sydney, het 22 000 varke, en dié varke se mis word nou na ‘n bedekte poel so groot twee Olimpiese swembaddens gevoer, waar die metaangas vrygestel en weer teruggepomp word om krag op te wek. Dit word tong in die kies “pigestion” genoem.

Van die gas word ook gebruik om die waterpype te verwarm wat die stalle in die winter moet warm hou.

Surpluskrag word, wanneer beskikbaar, ook verkoop.

Metaangas het ‘n 23 keer groter kweekhuisimpak as koolstof, maar brand byna silwerskoon wanneer dit as energiebron gebruik word.

Dit is dieselfde gas wat met hidrobreking ontgin word.

In Nederland het boere snags beesmis na België “gesmokkel” waar die toepassing van metaansgas minder streng is. ‘n Entrepreneur het toe ‘n ongebruikte steenkoolkragsentrale in ‘n metaangasopwekker omskep waarheen boere hul mis kon aanry.

Organiese kunsmis is ‘n gewilde neweproduk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.