Sementtrok tydens diensteleweringsbetogings aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sementtrok is Donderdagoggend aan die brand gesteek tydens ʼn diensteleweringsbetoging in Majakaneng, Noordwes.

“Die gemeenskap is ontstoke want hier is geen water, geen behoorlike paaie en ons het steeds nie die HOP-huise wat aan ons belowe is nie,” het Pule Rakomane, ʼn lid van die gemeenskap, gesê.

“Sedert 2005/2006 is hier geen water nie. Ons het ʼn opgaardam en ‘n paar waterpompe in sommige van die erwe, maar ons het nie water nie.” Hy het gesê die enigste manier hoe inwoners oor die weg kom is om water van ander nabygeleë informele nedersettings te koop. Hy beweer ook dat die munisipaliteit hul water aan omliggende myne verkoop.

Rakomane het gesê inwoners betoog al sedert 04:00. Betogers het paaie in die gebied met brandende bande versper. Hy sê betogers het die sementtrok aan die brand gesteek, maar niemand is beseer nie.

“Die polisie was hier, maar hulle het weer gery,” het hy gesê. Hy het gesê die gemeenskap soek nie ʼn gewelddadige betoging nie, en dat die inwoners met die raadslede wil vergader.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê hy sal kommentaar lewer sodra hy in verbinding kan tree met beamptes wat by die toneel was. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Is dit nie hoog tyd dat daar voorkomend opgetree moet word nie? Waar ontstaan die probleem? Beloftes en dienslewering. Tree op teen die mense wat nie dienste lewer nie, maar daarvoor betaal word en stel bevoegde mense in hulle lekke aan.
Van hoeveel betogings weet ons van voor 1994? Hier word in ‘n week of liewer op sommige dae meer betoog en gestaak as in ‘n hele jaar voor 1994.

Carl ·

Betogings oor dienslewering deur die regering wat hulle aan bewind gestem het en hoogs waarskynlik weer voor gaan stem in die komende verkiesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.