Semenya kan nie aan wêreldkampioenskap deelneem nie

Caster Semenya

Caster Semenya sal nie volgende maand aan IAAF se wêreldkampioenskap deelneem nie. Sy het Saterdag nie die kwalifiserende tyd behaal in België nie.

Semenya het die vroue 800m-wedren by die Flanders Cup-byeenkoms in Ninove gewen met ‘n tyd van 2:01.86. Dit is egter 0.36 sekondes buite die B-standaard kwalifiserende tyd.

Sanne Verstegen van Nederland het tweede geëindig met ‘n tyd van 2:02.09.
Dit was Semenya se eerste kompeterende wedren sedert verlede jaar se Olimpiese Spele in Londen. Sy moes intussen van ‘n langtermyn knieprobleem herstel. Sy het omvattende rehabilitasie ondergaan om ‘n wanbalans in haar beensterkte te herstel weens operasies wat sy as ‘n kind ondergaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ag moenie worry nie, daar sal op ‘n manier vir haar plek gemaak word. Sy sal as ASA se keuse in die span gesit word. Hoe kan hulle dan nou hul blu eye girl uit die span laat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.