Senior JHB-metropolisiebeampte pleeg selfmoord

Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag bevestig dat een van hul senior beamptes in die Rabie Ridge omgewing selfmoord gepleeg het.

Volgens Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die metropolisie, is inligting nog skaars en is hulle besig om die voorval te ondersoek. “Ek kan bevestig dat ʼn superintendent van die metropolisie selfmoord gepleeg het, maar ek kan nie sy identiteit bekend maak nie, aangesien sy naasbestaande nog nie in kennis gestel is nie,” het Minnaar aan EWN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.